Al die Vasbyt-roetes in Orania: afstande en klim vir stap, draf en fietsry oor drie dae in die Bo-Karoo.
Ligtrap: Die Ligtrap is 'n lekker avontuur in die saal. Jy ruik Karoobossies en luister na die mooiste Karoo natuurklanke. Vir drie dae trap jy al tussen die Karookoppies en maak nuwe vriende en herinneringe, terwyl jy die uitsig in 'n bottel wil bêre.
Vastrap: Die Vastrap is vir die tawwe tienies. Jy ruik Karoobossies en luister na die mooiste Karoo natuurklanke. In die drie dae spandeer jy lekker baie tyd in die saal en ry jy al tussen die Karookoppies, terwyl jy die uitsig in 'n bottel wil bêre.
Ligstap: Die Ligstap is dieselfde roete as die Ligdraf, maar teen 'n stapper se pas. Vir drie dae stap jy tussen die Karookoppies, langs die kanaal en oor die Oranjerivier, met tyd om die uitsig in te drink en nuwe vriende te maak.
Vasstap: Die Vasstap is dieselfde roete as die Vasbyt, maar teen 'n stapper se pas. Dit is vir die vasberade stappers wat drie dae lank die Karoo se koppies en kanaalpad wil vat, met goeie stapskoene, genoeg water en 'n bestendige pas.
Ligdraf: Die Ligdraf is 'n avontuur te voet. Vir drie dae trap jy spore al tussen die Karookoppies en maak nuwe vriende en herinneringe, terwyl jy die uitsig in 'n bottel wil bêre.
Vasbyt: Die Vasbyt neem die ernstige atlete op 'n Karoo-avontuur te voet. Vir drie dae trap jy spore al tussen die Karookoppies, terwyl jy die uitsig in 'n bottel wil bêre. Dit toets uithouvermoë en beplanning, aangesien daar slegs 36 uur tussen jou eerste en jou laaste wegspring verloop.