Die Vastrap is vir die tawwe tienies. Jy ruik Karoobossies en luister na die mooiste Karoo natuurklanke. In die drie dae spandeer jy lekker baie tyd in die saal en ry jy al tussen die Karookoppies, terwyl jy die uitsig in 'n bottel wil bêre. 3 dae, 152.5 km in totaal, 820 m klim.
Dag 1: Aandrit. Ons ry saam met die gemeenskap deur die dorp. Die roete is 'n kombinasie van sementpad, grondpad en veldpaadjies. (21.7 km)
Dag 2: Op Dag 2 ry ons oor die Fluitjeskraalbrug oor die Oranjerivier tot by Wanda en dan draai ons terug tot ons fietse ons weer terug na die hartland, Orania, bring. (91.9 km)
Dag 3: Op die laaste dag neem ons wedren ons weer uit die dorp uit, waar die koppies se op- en afdraandes jou lekker besig hou. Geniet die uitsig terwyl jy sweet tap, want dit is afdraande terug dorp toe. (38.9 km)