Die Ligdraf is 'n avontuur te voet. Vir drie dae trap jy spore al tussen die Karookoppies en maak nuwe vriende en herinneringe, terwyl jy die uitsig in 'n bottel wil bêre. 3 dae, 36.4 km in totaal, 363 m klim.
Dag 1: Dorpsdraf in die vroeg-aand. Ons stap/draf saam met die gemeenskap deur die dorp. Die roete is 'n kombinasie van sementpad, grondpad en veldpaadjies. Die roete neem jou selfs deur ons Museum. (5.7 km)
Dag 2: Op Dag 2 stap/draf ons met die Fluitjeskraalbrug oor die Oranjerivier en al langs die kanaal tot ons voete ons weer terug in Orania bring. (16 km)
Dag 3: Op die laaste dag word ons Liglopers met 'n trok na 'n plaas vervoer, waar die deelnemers om die spilpunte sal stap en dan 'n roete langs die kanaal op pad dorp toe sal neem. Oplaai om 05:30. (14.7 km)